Farida voor die Magistraat

Die tyd toe Farida se man skielik gesterf het, was vier van haar 5 kinders nog op skool. Hy het haar ‘n bietjie geld nagelaat en ‘n motor-kar. Sy was toe 42 jaar oud.

Farida het hard gewerk om vir die kinders te sorg, en om hulle skoolgelde te betaal. Haar familie kon haar ‘n bietjie help, maar nie altyd nie.

Farida het dikwels tot laat in die aand wakker gebly om vir troues en onthale kos te kook. Eendag het sy te laat klaargekry en sy jaag toe om haar aflewering betyds te maak. Sy word toe van die pad afgetrek en die verkeersbeampte sien toe dat die motor registrasie verval het, en boonop het Farida nie ‘n bestuurslisensie gehad nie. Sy het haar omstandighede aan hom verduidelik, maar die beampte het gesê dat sy skuldig is aan ‘n ernstige oortreding, en dat hy ‘n dagvaaring moes uitryk.

Siende dat sy nie die R 800 gehad het vir die boete nie, en te skaam was om weer by haar familie aan te klop, is Farida toe op die verhoordatum na die hof toe. Sy het gehoop dat die Magistraat begrip sou hê vir haar omstandighede.  Hy het aandagtig geluister hoe sy verduidelik het omtrent haar kinders, en hoe hulle met tye net rys gehad het om te eet; hoe sy dikwels nie geld gehad het om die rekenings te betaal nie, ook selfs nie geld vir die kinders se bus skool toe nie. Die Magistraat het verduidelik dat dit sy plig was om die Wet toe te pas. En aangesien sy skuld erken het, het hy geen keuse gehad anders as om haar skuldig te bevind nie. Die wet het ‘n minimum boete van R 500 vereis, of 3 maande tronkstraf. Onmiddellik is Farida na die selle toe geneem waar sy òf haar boete moes betaal òf sou bly todat hulle haar tronk toe neem om haar vonnis uit te dien.

Terwyl Farida daar sit en huil het, en terwyl sy nog probeer dink het by wie sy die geld kon leen – en hoe sy dit sou terug betaal – sien sy van die hof se kant af hoe haar Magistraat deur die hek na die selle toe inkom.  Sy maak toe of sy hom nie raaksien nie, want sy het hom verwyt as een wat gedeeltelik verantwoordelik was vir haar omstandighede. Tog het sy in haar hart besef dat hy nie juis ‘n keuse gehad het nie.  Hoe kan die Regering geregtigheid handhaaf as ‘n Magistraat almal mag vryspreek vir wie hy dalk jammer voel?  En wat van die honderde mense wat elke dag vir hom net sulke hartseer stories vertel?  Nee, sy het die Wet oortree en sy kon die man nie werklik verkwalik nie.

Sy sit toe en bid met haar oë toe. ‘n Paar minute later kom daar ‘n vriendelik polisieman na Farida, en sê toe heel bedagsaam vir haar, “Dame, u is vry om te gaan.”

“Maar ek het geen geld nie,” antwoord Farida. “Hoe gaan ek my boete betaal?”.

“Dame,” verduidelik die polisieman toe vir haar, “die Magistraat het self gekom en uit sy eie sak uit u boete vir u betaal.”

Soos u oor hierdie storie nadink – oor wat met Farida gebeur het – en hoe hierdie Magistraat ter selfde tyd geregtigheid kon toepas en ook genade kon toon – besef dan dat hierdie verhaal wat u tans gelees het, eintlik die verhaal is van God se liefde vir ons, en hoekom dit nodig was vir Jesus Christus om vir ons aan die kruis te sterf.

Net soos Farida voor die Magistraat, sal ons ook eendag voor God staan en skuldig pleit – want, al was ons ook hoe goed, of al het ons ook hoe hard probeer, of al het ons die beste verskonings ter wêreld, het ons almal  opsetlik en doelbewus gesondig en het ons geen reg om te deel aan die koningkryk van God nie. Sy regverdigheid vereis dat Hy ons moet straf – met die dood wat ons elkeen verdien as gevolg van ons sonde.  Maar Sy liefde en genade het Hom daartoe gedwing om ons straf op Homself te neem, om uit Sy eie sak uit vir ons sonde te betaal, sodat ons vrygespreek mag word.

As u dit glo, en met dankbaarheid Sy genade wil aanvaar, mag u hierdie eenvoudige gebed opdra: “Almagtige Skepper, nou besef ek hoe lief is u vir my. Ek aanvaar die opoffering wat u moes maak vir my vryheid. Ek is vir u ook lief en sien uit na die dag dat u my  in u koningkryk sal ontvang.“

About admin